John Rawls | |
John Rawls in 1971
| |
Geboortenaam | John Bordley Rawls |
---|---|
Gebore | Baltimore, Maryland | 21 Februarie 1921
Oorlede | 24 November 2002 (op 81) Lexington, Massachusetts |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Politieke filosofie, Sosiale liberalisme, Justisie, Politiek, Sosiale kontrak-teorie |
Alma mater | Universiteit van Princeton |
Bekend vir | Justisie as regverdigheid, Oorspronklike posisie, Reflektiewe ewewig, Oorvleuelende konsensus, Openbare rede, Liberale neutraliteit, Sluier van onkunde, Telishment |
Beïnvloed deur | John Locke, Jean-Jacques Rousseau, Immanuel Kant, John Stuart Mill, H. L. A. Hart, Isaiah Berlin |
Invloed op | Jürgen Habermas, Ronald Dworkin, Thomas Nagel, Thomas Pogge, T. M. Scanlon, Joshua Cohen, Amartya Sen, Claudia Card, Christine Korsgaard, Samuel Freeman, Onora O'Neill, Susan Neiman, Carlos Santiago Nino, Paul Krugman, Richard Rorty |
John Bordley Rawls (Baltimore, 21 Februarie 1921 – Lexington, 24 November 2002) was 'n Amerikaanse filosoof wat veral bekendheid verwerf weens sy etiese en politieke filosofie. Hy was as politieke filosoof verbonde aan die Harvard Universiteit en word vanweë sy hoofwerk A Theory of Justice en aanverwante publikasies algemeen beskou as die invloedrykste politieke filosoof van die 20ste eeu. Ten spyte daarvan dat Rawls nie as 'n regsfilosoof gereken word nie is sy invloed op die regswetenskap, hoewel indirek, tog groot. Regsfilosowe, veral Ronald Dworkin, het sy idees uitgebou en vertaal na die reg. Daardeur verwerf John Rawls 'n blywende plek in regsfilosofiese werke.